Martin Steyn

martin steyn

Martin Steyn het op skool begin skryf, aan Stephen King-geïnspireerde gruwelverhale. Hy het sewe ware-misdaadartikels vir die Crime Library-webwerf geskryf, onder andere oor Moses Sithole, die Sizzlers-moorde in Seepunt en Marleen Konings. Die droom was egter altyd om fiksie te skryf. Realistiese fiksie. Eerstens oor reeksmoordenaars soos Ted Bundy en Jeffrey Dahmer, eerder as Hannibal Lecter. En tweedens oor hoe so ’n ondersoek in Suid-Afrika gedoen sou word. Dit het gelei tot heelwat navorsing oor die SAPD en sy forensiese eenhede, grootliks met die hulp van persone wat elke dag hierdie werk doen.Sy debuut, Donker spoor, het in 2014 by LAPA Uitgewers verskyn. Skuldig het in Maart 2015 gevolg.

Twitter: @martin0steyn

Facebook

Image by by Shantelle Visser