Herman Lategan

Herman Lategan, skrywer van die memoire Hoerkind, is ’n bekroonde joernalis van Groenpunt. Oor die jare skryf hy vir oor die 50 tydskrifte, koerante en webblaaie, onder meer Vogue Entertaining + Travel, Time Out, House and Leisure, Cape Style, Mail & Guardian, Vrye Weekblad en Rapport. Sy rubrieke is in twee bundels byeengebring: Binnekring van spookasems en Opstokers, fopdossers en tweegatjak­kalse, en ’n handvol gedigte en kortverhale het ook verskyn. Herman het vir vyf jaar vir e.tv gewerk en vir ’n dekade insetsels vir etlike radiostasies soos FMR en Cape Talk gelewer. Sy nuutste memoir is Hoerkind.