Debbie Loots

debbie loots

Debbie Loots het in die beeldende kunste studeer aan Unisa, en het in die tagtigs en vroeë negentigs vir verskeie koerante geskryf in Gauteng. In 2010 het sy haar honneursgraad in skone kunste aan die Universiteit van Kaapstad se Michaelis School behaal. Sy het onlangs haar meestersgraad in skeppende skryfkunde aan die UK voltooi.
Debbie bly in Kaapstad, waar sy tot onlangs VISI-tydskrif se artikelskrywer was, en nou vryskutwerk doen vir onder andere Mail & Guardian, Rapport, Sunday Times en die Cape Argus, asook die tydskrifte VISI en Weg! Platteland. Split is haar debuutroman en spruit uit haar MA-kursus.

Debbie Loots studied art through Unisa and wrote for various papers in Gauteng in the 80s and early 90s. In 2012 she received an honours degree in fine art from Michaelis, and she recently completed a master’s degree in creative writing at UCT. She was VISI’s article writer until recently. Now she freelances for among others Mail & Guardian, Rapport, Sunday Times and the Cape Argus, and the magazines VISI and Weg! Platteland. Split is her debut novel, resulting from her master’s degree.